Wimpie Berg is ‘n stil, agtermekaar jongman. Hy ken hartseer en die gewig van vroeë verantwoordelikhede. Wat hy nooit kon agterlaat nie, is sy agressie teen gegoede mense. Tot sy eie ontsteltenis raak hy halsoorkop verlief op ‘n rykmansdogter. Boonop poog die welaf Riekert voortdurend om hom te vernietig. Dit en Wimpie se vooroordele, verjaag sy studenteliefde in die arms van ‘n Ier. Agter die buitegebou se muur worstel hy met homself en onherstelbare, verbeurde kanse.
Te midde van dit alles ontmoet jy vir Darius, die familie se stoutgat-liefling. Hy sorg vir ‘n glimlag op sy mede-karakters en die leser se gesig.
ISBN 9781928350293
613 bladsye
141600 woorde
RYK ARMGAT VERKRYGBAAR OP/BY:
Outeur (Info by KONTAK)
Kantoormeubels (Lichtenburg): 018 632 6605
Terugvoer:
“Jy kry dit reg om spanning in ‘n feel-good storie in te werk, sonder dat dit pla. Min boeke kry dit reg om my aandag vas te vat, maar hierdie 600 bladsye het dit gedoen. Ek wil elkeen van jou boeke lees.” Vollie Gilfillan.
Elsabé se karakters praat en leef realisties, daarom JP Botha se kommentaar: “Alhoewel dit 'n roman is en veronderstel om fiksie te wees, is dit aangrypend en so deel van die alledaagse SA. Ek moet bieg dat ek myself kon identifiseer in sommige karakters.“
“Die wasgoed lê in bondels en die trekkertjie staan sonder ‘n fanbelt want ek kon nie ophou lees nie! Ek het nog nooit soveel emosie in 1 boek ervaar nie. Ek geniet jou skryfstyl en die lesse wat so subtiel deurkom. Absoluut fantasties.” Roelien Malan.
Terug | Terug na bo |