Nou op die rak!
Sagteband by
Boekwinkels landswyd en by die skrywer.
R295
VERDAGTE 504
Midde-in die Israel-Hamas-oorlog word Ben Kirsten as spioen gejag. Mossad se oë wyk nie. Kaalvoet vlug hy deur die Negevwoestyn en beland in ’n gebroke dorp. Niemand daar is ongedeerd nie. Elf weeskinders beveg hul vrese, totdat ? missiel die rowe afruk.
Wanneer die wêreld om jou toeklap, gaan iets dieper oop, en Ben vind liefde, waarvoor daar in oorlogstyd min plek is.
Dit het egter ’n prys. Sonder dokumente vlug hy suidwaarts, Kaapstad toe.
Oorlewing word ’n dobbelspel: gevaarlike grense, verraderlike waters, en in die donker greep van hoop en verlies worstel hy ook met God.
Om onskuldig te wees, beteken nie jy is veilig nie
Verdagte 504 is ’n spanningsverhaal van vlug, geloof en die prys van waarheid wanneer jy nie meer kan wegkruip nie.
| Terug | Terug na bo |


