KERSFEES KANS
'n Kersfees-novelle (25000 woorde).png)
Liefdesverhaal
gevul met humor, drama, boelies, Fliksems en Jiffy-dae.
Gepubliseer op 3 Desember 2024
E-boek op Amazon, kliek HIER.
Sagteband beskikbaar teen R200. Kliek HIER.
Twee word gevonnis: een selfopgelegd, een halfpad skuldig.
Isak Kirsten verkwalik homself vir sy boelie-gedrag op daardie noodlottige nag. Hy moet boet. Hy kruip weg agter ’n nuwe naam, ‘n nuwe beroep en ’n letsel. “Mister I moet in ’n riller movie gaan speel.”
Juffrou Antiek kruip weg agter haar outydse kleredrag en oorlewingswyshede. Annaret se glimlag bring sonlig; haar woorde is bitsig, maar sy het deernis vir Isak se sagte kant.
Die Fliksems bring hulle by mekaar. Haar hantering van boelies hou hulle uit mekaar. Jiffy-dag gee skiet aan die spanning. Geheime maak hulle broos.
Leef net weer raak ’n opsie, of ’n onmoontlike taak.
Kan selfopgelegde gevangenskap opgeskort word? Isak Kirsten sal moet antwoord
| Terug | Terug na bo |