Christmas decorations and the front cover in a kindle format, of the christmas romance novelle Beklitsde Kersfees

Dis snaaks hoe Kersfees altyd liggies bring — en tog wys waar die donker kolle lê.
Party mense sien fees. Ander onthou verlies.
En party, soos Fourie, sou verkies om net die ligte af te sit en te ontsnap.

Ek het daardie gevoel probeer vasvang in Beklitsde Kersfees — ’n novelle oor liefde wat in die middel van familie-chaos en ou wonde opvlam.
Fourie het sy eie redes om Kersfees te haat. Carmi glo dis die tyd vir tweede kanse.
En êrens tussen glitter en geheime gebeur iets onverwags…

 

Romantiese Spanningsverhaal

Novelle (12900 woorde)

ISBN sagteband: 978-0-6397-4935-8

ASIN e-boek: B0BLKBZCP5

Amazon gradering: 4.1 uit 5 ? (57 lesers)

Goodreads gradering: 4.5 uit 5 ? (51 lesers)

 

Beskikbaar op:

              of kliek HIER vir e-boek of ander skakels.

Agterplats:

As sewentienjarige word Fourie Lemmer gevonnis vir moord. Kersfees herinner hom aan die dag toe beide sy ouers afgesterf en sy familie hom verraai het.

’n Inbraak in sy berghut maak hom angstig. Is die versteekte goedere weg?

Carmi Ras is ’n privaat speurder met ’n innemende persoonlikheid. Familiebande en -tradisies lê hoog op haar prioriteitslys. Om nooit betrokke te raak by iemand aan die verkeerde kant van die gereg nie, is haar motto in die lewe.

Fourie en Carmi se ontmoeting geval albei.

Carmi vors sy agtergrond na. Sy is woedend en ontsteld.

Fourie voel ongemaklik toe hy besef watter beroep sy en haar pa volg. Hy is die josie in omdat sy vir hom gelieg het. En dan is daar sy Kersfees-fobies…

Fourie en Carmi bevind hulself tussen die vloer en politoer. Is daar spasie vir ’n toekoms?

ElsabeSeBoeke romanse liefdesverhaal romance Christmas novel Kersfeesverhaal Kersverhaal Romanza Heideroos Francine Beaton Elsa Winckler Zinet Oosthuizen 

 

Terug Terug na bo