Scroll down for English
Pleeg moord met ‘n uitveer
Wanneer Jou (baie) Woorde Jou Terughou
Daar is min skrywers wat nie al die raad gehoor het nie: “Kill your darlings.”
Dis nie ’n aanmoediging tot moord nie, maar ’n waarskuwing teen gehegtheid. Soms is die mooiste sinne, die snaakste karakters of die tonele waaroor jy die trotsste is, juis dié wat jou storie terughou.
Ek het nie tientalle titels agter my naam nie, maar dis pynlik om te erken dat ek al in die gehegtheid-slaggat geval het met onnodige tonele en selfs hoofstukke!
In een van my vroeë publikasies moes ek 'n darling uitskryf. Ek treur steeds oor die siel. Die skok en reaksie van my lesers het bevestig dat my brawe daad die regte besluit was. “Elsabé, wat het jy gedoen!?”
1. Hoekom moet jy jou “darlings” soms uitskryf?
’n Goeie storie gaan nie oor hoeveel jy geskryf het nie, maar oor wat oorbly nadat jy alles gesnoei het wat nie dien nie.
Daar is verskeie redes waarom ’n karakter, toneel of paragraaf dalk moet wyk:
- Die storie het van koers verander. ’n Karakter wat aanvanklik belangrik was, pas nie meer by die nuwe rigting nie.
- Die fokus verskuif. Soms verdun sekondêre karakters of subplots die emosionele kern van die storie.
- Tempo en spanning ly daaronder. Te veel agtergrond of poëtiese beskrywings kan die ritme breek.
- Herhaling. As dieselfde idee reeds elders beter uitgebeeld is, verloor die toneel sy funksie.
- Selfbevrediging. Dis moeilik om te erken, maar party “darlings” is bloot daar omdat ons hou van hoe dit klink, nie omdat dit iets bydra nie.
2. Die emosionele prys van sny
Elke skrywer weet: om te sny is nie net tegnies nie, dis persoonlik.
Ons skryf met hart en siel, en om dan ’n paragraaf of karakter uit te haal voel soos om iets van jouself te verloor. “Ek is emosioneel verbind tot hierdie toneel.” Jy onthou nog die reën wat geval het toe jy daardie toneel geskryf het, die musiek wat gespeel het, die gevoel toe jy geweet het: “Hier het ek iets besonders.”
Om te sny is ook ’n daad van respek – vir jou storie, vir jou lesers,
en vir jouself as kunstenaar. Jy sê in wese:
“Ek kies kwaliteit bo selfsug.”
3. Hoe weet jy wat om te sny?
- Vra: Dryf hierdie toneel die storie vorentoe? Het die karakter nog dieselfde impak op die storie?
- Toets: As ek hierdie paragraaf uitsny, verstaan die leser steeds wat aangaan?
- Voel: Is hierdie gedeelte hier omdat ek daarvan hou, of omdat dit nodig is?
As jy twyfel, bêre dit. Skep ’n dokument: “Begrafplaas.” Dis ’n veilige plek vir alles wat jy nie nou kan gebruik nie. Dalk vind hierdie toneel later ‘n nuwe lewe.
4. Wat bly oor ná die sny?
Wanneer die oortolligheid verwyder is, kom die ware storie na vore. Jou karakters begin asemhaal, jou temas word duideliker, en jou stem klink skerper.
5. Die teenstrydigheid
Om jou “darlings” te vermoor, is dikwels die daad wat jou storie laat leef. Dis pynlik, maar bevrydend. Eintlik skryf ons nie om elke woord wat ons liefhet te bewaar nie — ons skryf om iets te skep wat groter is as onsself.
Goeie stories word nie net geskryf nie —
hulle word gesnoei, geskaaf en bevry van wat nie dien nie.

Kill Them with an Eraser
When Your (many) Words Hold You Back
Few writers haven’t heard the advice: “Kill your darlings.”
It’s not an encouragement to murder, but a warning against attachment. Sometimes the most beautiful sentences, the funniest characters, or the scenes you’re most proud of are exactly the ones that hold your story back.
I don’t have dozens of titles behind my name, but it’s painful to admit that I’ve fallen into the attachment trap — keeping unnecessary scenes and even entire chapters!
In one of my early publications, I had to write out a darling. I still mourn the soul. The shock and reaction from my readers confirmed that my brave decision had been the right one.
“Elsabé, what have you done!?”
1.Why you sometimes have to write your “darlings” out
A good story isn’t about how much you’ve written, but about what remains after you’ve trimmed everything that doesn’t serve the story.
There are several reasons why a character, scene, or paragraph might have to go:
- The story changed direction. A character who was once vital no longer fits the new path.
- The focus shifted. Secondary characters or subplots can dilute the emotional core.
- Pacing and tension suffer. Too much backstory or poetic description can break the rhythm.
- Repetition. If the same idea is already presented more effectively elsewhere, the scene loses its purpose.
- Self-indulgence. Sometimes a “darling” stays simply because we love how it sounds — not because the story needs it.
2. The emotional price of cutting
Every writer knows: cutting isn’t just technical — it’s deeply personal.
We write with heart and soul, and removing a paragraph or character feels like losing a piece of ourselves. “I’m emotionally attached to this scene,” we protest. You remember the rain that fell while you wrote it, the music that played, the feeling when you knew, “This one is special.”
But cutting is also an act of respect — for your story, your readers,
and for yourself as an artist. You’re saying:
“I choose quality over ego.”
3. How to know what to cut
- Ask: Does this scene move the story forward? Does this character still impact the plot?
- Test: If I remove this paragraph, will the reader still follow the story?
- Feel: Is this section here because I love it, or because it’s necessary?
If you’re unsure — don’t delete, store it. Create a file called “The Cemetery.”
It’s a safe resting place for everything you can’t use right now.
Who knows — that scene might find a new life later on.
4. What remains after the cutting
When the excess is removed, the true story emerges.
Your characters begin to breathe, your themes become sharper, and your voice clearer.
5. The paradox
Killing your darlings is often the very act that lets your story live. It’s painful — but liberating.
After all, we don’t write to preserve every word we love — we write to create something greater than ourselves.
Good stories aren’t just written —
they’re pruned, polished, and freed from everything that doesn’t serve them.
| Terug | Terug na bo |