Januarie 2025

Boeke in die strate

 

Een week in die jaar in, toe voel ek kan nog nie oorgeskakel kry na 2e rat nie. Nou is ek op spoed – dit lyk of remtrap nie ’n opsie is nie!

 

Liewe vriend,

Ons weet dat dinge in die lewe nie net glad verloop nie. Mag jy die moed en geloof hê om deur moeilike tye te kom. Mag jy die klein dingetjies in die lewe raaksien en geniet. Mag jy tevrede wees met wat jy is en het, en van dankbaarheid in die reën of droogte dans. Geseënde 2025.

 

Vakansie-seisoen

Ek hoop jy het ook mooi herinneringe en het lekker gerus – al was dit net op die vakansiedae.

Ons eerste Kersfees saam met ons vriendelike klein Elaina!

 

WELKOM aan die nuwe intekenare! Ek land pens en pootjies in jou INBOX een keer per maand (of nog verder uitmekaar soos nou). Jy kan wel gereeld inloer op FB, Instagram en TikTok, ek sal dit waardeer om jou “hallo” daar te sien.

Aan die boekefront (Natuurlik moet dit bykom)

’n Biblioteek in Australië koop van my boeke! Hoe opwindend, né. Groot dankbaarheid. Ek verbeel my dit is voorbladnuus op een van die ou papier koerante!

’n Uitnodiging aan jou:

Soos in baie beroepe, het die skryfwêreld ook sy eie taal.

Skrywers maak staat op beta-lesers, ARC-lesers en Straatspanne.

In elkeen van my boeke is ’n aanhaling:    A writer begins a book, a reader finishes it.

Die waarheid hiervan is groot. Hoekom skryf ons as iemand nie lees nie.

Ons het dan ook ’n ekstra hand van ons lesers nodig, en ek het al ’n span vir Beta-lees en ARC-lees.

STRAATSPAN!! Wat is dit?

Indien jy wil weet wat dit behels, gebruik hierdie skakel om te lees: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe5O2snB70SCUCTl1q0q2bZwUAf0PfeA74XSFU4uKUp99gmVw/viewform?usp=header

As jy lus het om deel van die avontuur te word, vul die vorm in.

 

 

 

Waarmee is ek doenig?

Ek het DIE EINDE kon skryf met my eerste weergawe van my boek: Nog ’n Afskop. ’n Rugby-romanse. Ek is vanmelewe af lief vir rugby. My heel eerste verhaal het gegaan oor ’n rugbyspeler, maar hy is nog nooit gepubliseer nie. Dit sal nog kom. Hierdie enetjie is onder die oog van Beta-lesers, ’n redigeerder hom gaan beetvat. Jy gaan nog baie meer hoor oor hierdie boek – daar is grooooter nuus.

 

Ek is besig met drie ander skrywers se manuskripte; 2 moet ek die bladuitleg doen om dit in e-boek en print-boek formaat te kry, die ander is manuskripverfyning. Lekker besig.

 

Anthonie (my enigste man, as jy hom nie ken nie) het sy eerste mini-kursus, Seeing, in die reeks  Gardening for Well-being, vandag op Amazon gepubliseer. Dit is net sulke groot nuus. Ek is trots op hom. Nie-fiksie. ’n Vyf-dag kort kursus, wat binnekort opgevolg word met die volgende in die reeks.

Kliek op die skakel as jy belangstel. https://amzn.to/3PTLVU5.

Slegs $.99

 

Genoeg nuus vir hierdie keer?

Ek dink so. Dalk is jy ook op spoed en het nie tyd vir kletspraatjies nie.

 

Groetnis tot Februarie!

 


 

My kontakbesonderhede:
Tel: 0769216174 (ook vir Whatsapp)
skryf@elsabewelman.co.za
www.elsabewelman.co.za
Raak ook my vriend op:

A picture containing text, clipart

Description automatically generated   

https://www.amazon.com/stores/author/B08DMRBV7W

https://www.tiktok.com/@elsabewelmanskrywer

https://www.goodreads.com/author/show/17229817.Elsab_Welman

https://www.facebook.com/elsabewelmanskrywer/

https://www.instagram.com/elsabewelman/

 

Terug Terug na bo