Marilize Roos

'n Vrou wat iets van alles weet, jou go-to-mens as jy 'n vraag het. En as sy die dag nie weet nie, gaan soek sy daardie antwoord. Marilize help en deel graag, ook haar ervaring. Haar geliefkoosde gesegde: As jy self gesukkel het, vergeet jy nie weer die hoe nie. Baie waar, nie dat ek altyd daarvan hou nie! 

Hierdie dame weet wat sy in die lewe wil hê, wat sy nastreef en sy werk hard om dit te laat realiseer. Marilize bestuur haar kosbare tyd met welslae, is onstopbaar en 'n go-getter! Ek waardeer dit van haar. 

Marilize het 23 boeke gepubliseer. Baie geluk, Marilize. Dit is nie bietjie woorde nie!

 Bio:

 Marilize het oorspronklik net in Engels gepubliseer. Sy het met Kaapse Historiese Liefdesverhale begin en haar debuut-roman,  Darien (The Lords of Table Mountain, #2), is in 2019 vrygestel.  In 2020 het sy haar eerste BDSM Liefdesverhaal, Michael (Club Angelus #1) geskryf.

In 2021 het sy vir die eerste keer in Afrikaans geskryf, met Vrede op Aarde, ‘n Kersfees Novelle.

Haar verhale speel meestal in Kaapstad af, en sy bring ‘n sterk element van Kaapse kultuur in by haar werk.

Marilize se heldinne is vroue wat deur die toetse in die lewe ontdek presies hoe sterk hulle werklik is. Haar helde is sterk en beskermend en het ook hulle foute, wat hulle baie menslik maak. Hulle sal hemel en aarde versit om die dames wat hulle liefhet, te beskerm.

"Alhoewel ek hier en daar soet en onskuldige verhale skryf, los ek oor die algemeen die slaapkamerdeur wawyd oop in liefdestonele. My liefdestonele kan eksplisiet wees, maar dit is ook terselfdertyd geskryf met die karakters se menslikheid en emosies as hoof prioriteit."

In haar vryetyd is sy lief vir lees, fotografie, naaldwerk en diere—veral perde en Rottweilers—en vir oefening woon sy skopboks-klasse by. Marilize het ‘n swakheid vir koffie en sjokolade-roomys (nie noodwendig saam nie).

Marilize is ‘n trotse lid van die Romanse lesers se Organisasie van Suid Afrika (ROSA)

Volg haar op:   

Facebook |  Facebook Reader Group  |  TikTok  |  Amazon  |  Webwerf

 

Januarie is Marilize se maand met die vrystelling van

A Canter in the Sheets

     op 25 Januarie 2025. 

Abandoned and left for dead by her boyfriend—correction ex-boyfriend—on a hiking trail in the Cederberg Mountains, Maia discovers a secret: Unicorns exist, and they’re not even remotely what she’d expect of the mythical creatures.

One: They’re not the sparkly white horned horse with rainbow mane and tail she knew from her childhood.

Two: They don’t poop rainbow sparkles.

Three: Just because they look like horses, doesn’t mean they are horses; this one has a huge set of canines. And—at least the one that she met—can shift into a rugged mountain man, who is an absolute stallion in bed.

A Canter in the Sheets kan nou al bestel word op Amazon.

 

DELMAR in ook onlangs vrygestel.

Kliek op die voorblad om te bestel of meer te lees.

Terug Terug na bo