April 2024
’n Emmer vol...
Sodra Maart verby is, is die begin van die nuwe jaar verby.
Ons grootste vreugde
Elaina is op 12 Maart gebore. Volmaakte dingetjie, soveel genade, te veel dierbaarheid in een klein lyfie. Julle wat ’n oupa of ’n ouma is, sal verstaan. Mens staar verstom na elke gesigspiertjie wat trek.
Tweede wat die emmer voller kry:
’n Unieke boek, en uitsonderlike geleentheid vir my:
SEWE KEER SONDIG
Die skrywers het 2-2 aan ’n kortverhaal geskryf, 25 kortverhale van jou gunsteling skrywers in een omslag.
Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid. Hierdie ervare skrywers sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag.
Die 44 skrywers is: Adelle van Wyk-Albert Short-Amanda de Meillon-Analize Viljoen-Annerle Barnard -Anschen Conradie-Anton Döckel-Barend Wessels-Ben Viljoen-Bets Smith-Carel van Rooyen-Carina Stander-Carla Kargaard-Christelle Wessels-Coen Basson-Daniël Lötter-Dibi Breytenbach-Didi Potgieter-Duane Aslett-Elsa Winckler-Elsabé Welman-Erla Diedericks-Ferdie Swanepoel-Francois Bekker-François Bloemhof-Hannes Barnard-Hendie Grobbelaar-Ilisna Nel-Jan Vermeulen-Johan de Nysschen-Julio Agrella-Karen van Vuuren-Kerneels Breytenbach-Madelein Rust-Martelize Faber-Nadine Petrick-Pieter van Zyl-René van Zyl-Rian Palmer-Stefaans Coetzee-Stefan Enslin-Sunel Combrinck-Tinus Viviers-Trisa Hugo
My skryfmaat was Johan de Nyschen. E-boek beskikbaar op Amazon: https://amzn.to/3IV3tMl. Sagtebande @ R260 by Bargain Books en Graffiti Boekwinkel, of by my.
Daarmee saam:
FILTERVLINDER is in Februarie vrygestel!
Hierdie 2e uitgawe het ’n nuwe baadjie aan en ek het geskaaf en verander. ’n Skrywer groei ook so langs die pad.
Vol dankbaarheid: Filtervlinder het die #1 posisie in Amazon Afrikaanse e-boeke gehaal.
Amazon: https://amzn.to/3OhuGfe
Sagtebande by my (www.elsabewelman.co.za) of Graffiti Boekwinkel.
Christelike spanningsromanse.
Sosiale Media se sigbaarheid
’n Skrywer se sigbaarheid op Sosiale Media is ’n intelligente spel – een wat afhang van algoritmes en wit mannetjies wat in bane hardloop en knoppies druk sodra iemand reageer op iets wat ek geplaas het (dis hoe my kop dit verstaan ???? of eintlik nie verstaan nie.)
Sigbaarheid is goudwerd vir enige skrywer, want dit lok belangstelling en baie keer meer verkope. Dit is immers ’n besigheid wat ons bedryf.
Hoe maak mens? So maak mens: As jy op my FB plasing ’n opmerking maak (comment), al is dit ’n lawwe sin, dan word van daardie rooi knoppies gedruk. Die algoritmes skuif en kraak en FB en al sy aanlyn-maters “sien” dit raak. So maklik soos dit. So “crazy” as dit.
DANKIE, as jy daardie “comment” sal oorweeg.
WELKOM aan al die nuwe intekenare! Ek land pens en pootjies in jou INBOX een keer per maand (of nog verder uitmekaar soos nou). Jy kan wel gereeld inloer op FB en TikTok, ek sal dit waardeer om jou “hallo” daar te sien.
Nog een dingetjie:
Leesstof van ’n skrywersvriend
Hierdie maand kies ek my skryfmaat, Johan de Nyschen, se boek. Johan het saam met my geskryf aan die kortverhaal in Sewe Keer Sondig.
Amazon e-boek beskikbaar en Sagtebande: de.nysschen.johan@gmail.com
Laastens:
Maart was vir my 'n propvol maand vol heerlikheid. Ek wil my dankbaarheid deel met 'n iemand wat my nuusbrief ontvang en lees. Die ding van "paying-it-forward".
So maak jy:
1. Neem 'n foto van my nuusbrief in jou Inbox. Indien jy hierdie nuusbrief op Facebook lees en nog nie die nuusbrief ontvang nie, kan jy op www.elsabewelman.co.za "subscribe", die foto van die epos subskripsie-erkenning afneem.
2. Stuur die foto per epos of whatsapp na my.
3. Einde April plaas ek alle inskrywings in 'n "wiel" en die gelukkige trekking kan enige van my boeke gratis ontvang. Hierdie is sommer net 'n bewys van waardering ook vir JOU ondersteuning aan my loopbaan. Wens ek kon dit vir al 100 van julle gee.
Groetnis tot volgende keer.
My kontakbesonderhede:
Tel: 0769216174 (ook vir Whatsapp)
skryf@elsabewelman.co.za
www.elsabewelman.co.za
Raak ook my vriend op:
https://www.amazon.com/stores/author/B08DMRBV7W
https://www.tiktok.com/@elsabewelmanskrywer
https://www.goodreads.com/author/show/17229817.Elsab_Welman
https://www.facebook.com/elsabewelmanskrywer/
Terug | Terug na bo |