Julie 2024
Die wonder van AI, of nie?
Mens hoor van AI (Artificial Intelligence) en is eintlik sku daarvoor. “Bang” vir hoe dit alles gaan oorneem. Ek het onlangs na ’n spreker geluister oor die etiese en onetiese sy van AI. Feit is, AI is ’n kragtige hulpmiddel, dit het ek self ervaar. Ek doen navorsing oor boelie-gedrag, en mnr AI vra ewe simpatiek: “Ervaar jy dat iemand jou boelie?” Ek tik: Only for reseach. “Great, let’s proceed.” Ek wou weet hoe kan die slagoffer die boelies kan afskrik/terugbetaal in eie munt. Toe kry ek ’n les: dit is nie gewens om verkeerde gedrag met verkeerde gedrag op te volg nie. Oeps. Goed, wat is “funny ways” hoe die slagoffer kan reageer? En het ek toe die oulikste voorbeelde gekry!
Ek is nie ’n kenner hierop nie, maar ek gaan binnekort iets van die webinar en my ervaring met AI, op my webwerf sit. Ek hou julle op hoogte.
En die wenner was: Amanda Claassens.
In die vorige nuusbrief het ek ’n weggee kompetisie gehou. Hier is die pakkie wat sy ontvang het.
WELKOM aan die nuwe intekenare! Ek land pens en pootjies in jou INBOX een keer per maand (of nog verder uitmekaar soos nou). Jy kan wel gereeld inloer op FB en TikTok, ek sal dit waardeer om jou “hallo” daar te sien.
My skrywersvriend van Lichtenburg, Eugene Pienaar, is ’n man met ‘n magdom stories en initiatiewe. Behalwe vir fiksie, kortverhale en Christelike nie-fiksie, skryf Eugene radio-verhale waarvan een onlangs ’n wenner was en oor Radio Suidkus uitgesaai is. Eugene het nou ook ’n Youtube-kanaal.
Lekker-luister stories, kortverhaal voorlesings, radiodramas en meer. Teken gerus in op my Youtube kanaal: https://youtube.com/@eugenepienaar-v2c?si=GWvxu0yVC5Mk6wT9
My stukkie opwinding was die publisering van FORSAKING OTHERS, die vertaalde weergawe van Klonte Sout.
Dit het ’n jaar gevat! Ek wou die boek laat afspeel in Tampa, Florida, VSA, ter wille van die Engelse mark in die VSA. Alles het goed gegaan (baie navorsing oor produkte en interessante plekke om te besoek in Tampa, verskille in ons kulture en gebruike bv Amerikaanse menere gebruik papiersakdoeke en nie lapsakdoeke nie, klein goetertjies). Die probleem kom toe by die regstelsel. Elke staat in Amerika se regstelsel is anders. Ek het op FB groepe hulp gevra en niks gekry nie. Ek het na polisie of regsfirma’s uitgereik, na?ef gedink hul sal ’n skrywer gratis help (want in Suid-Afrika het ons dit; prokureurs, dokters, polisiemanne... wat skrywers gratis help.) Uiteinde was dat ek Forsaking Others teruggeskuif het na Suid-Afrika.
NOBODY KNOWS UNTIL EVERYBODY KNOWS.
Ek sal jou “by word of mouth” by jou Engelse vriende baie waardeer.
E-boek skakel: https://amzn.to/3VDlKoF Of maak kontak by inligting onder aan nuusbrief.
Ek het vir 5 dae na 25 sprekers geluister (’n aanlyn-summit). Elke spreker het daardie gratis werkboek of wenk, waarvoor jy natuurlik ’n epos moet verskaf. Alhoewel ek altyd reg is om iets nuuts te leer, doen die Amerikaners dit in oortreffende trap. 3 eposse per dag van 25 sprekers, is 75 eposse. Dis wild. Waar is die unsubscribe opsie? Jy weet my nuusbriewe het ook ’n unsubscribe. Indien daar ’n klik op jou tong is wanneer ek in jou Inboks land, gebruik gerus die opsie. “No hard feelings.”
Andersins sal ek graag kaalvoet (in die somer) in jou voorhuis met jou wil tee drink – so gemiddeld een keer ’n maand. Dit is lekker om interessanthede met jou te deel.
Dankie vir jou ondersteuning, deur net dáár te wees.
Groetnis tot volgende keer.
My kontakbesonderhede:
Tel: 0769216174 (ook vir Whatsapp)
skryf@elsabewelman.co.za
www.elsabewelman.co.za
Raak ook my vriend op:
https://www.amazon.com/stores/author/B08DMRBV7W
https://www.tiktok.com/@elsabewelmanskrywer
https://www.goodreads.com/author/show/17229817.Elsab_Welman
https://www.facebook.com/elsabewelmanskrywer/
Terug | Terug na bo |