September 2024
Op die pad, met of sonder AI
Dit is lente, sê die kalender. Maar nie waar ek nou bly nie. Doer ver in die noorde van die land loop julle met somersklere.
Al skyn die son meer en die winterreënval begin daal, koets ons nog vir die koue lug.
Anthonie het afgetree en ons het kom nes skrop in Riviersonderend in die Wes-Kaap. Anders as die Voortrekkers, trek ons toe ook terug na die Suide.
Kliek HIER om die artikel te lees. https://www.elsabewelman.co.za/cp/39745/ai
WELKOM aan die nuwe intekenare! Ek land pens en pootjies in jou INBOX een keer per maand (of nog verder uitmekaar soos nou). Jy kan wel gereeld inloer op FB en TikTok, ek sal dit waardeer om jou “hallo” daar te sien.
SOMERSET-WES gesprek.
Ek en twee skrywersvriendinne was genooi om by Somerset-Wes Biblioteek te gesels oor Selfpublisering van boeke: Francine Beaton en Marilize Roos. ’n Heerlike geleentheid om met mede-skrywers te kuier en lesers te ontmoet.
Indien jy wil skryf of reeds skryf, maar nie seker hoe die proses om uit te gee werk nie, onthou:
Ek is ’n oproep/whatsapp ver, en so naby as wat ’n e-pos kan kom.
Onthou jy die DE KAT tydskrif?
Sy eweknie (of voller kwaliteit tydskrif volgens my), NASKRIF, word gratis uitgegee deur Nico Schamrel.
NASKRIF is ’n unieke glanstydskrif wat aanlyn gelees kan word. Jy kry maandeliks die skakel per e-pos. Dit bevat wye leesstof oor gewone mense soos ek en jy, oor bekendes, oor modes en binnenshuisversierings, sielskos, bak-en-brou, kuns, teater en selfs kortverhale. Die grafika in die tydskrif slaan mens se asem weg. Voorwaar ’n unieke werk, elke maand.
Kliek HIER (https://nskrywershuis.co.za/naskrif-uitgawes/ om deur een van die vorige tydskrifte te blaai.
Indien jy die gewilde tydskrif se skakel maandeliks in jou INBOX wil hê, kontak Nico HIER (https://nskrywershuis.co.za/kontak- ons/)
Ek het in my skryfloopbaan baie by Nico geleer, en so word tientalle skrywers steeds deur hom gehelp. Hy is ’n rustige siel wat ongelooflik baie vir AFRIKAANS doen. Die Boekeman het
ook drie uitgawes van GEBED vir ’n BOER die afgelope drie jaar saamgestel, waarvan die winste aangewend word om traumaberading aan die slagoffers van plaasaanvalle te bied.
Nico is onlangs deur Cordis Trust bekroon met Die Orde van die Goue Pen tydens die Afrikaanse Woordkunsakademie 2024.
Groetnis tot volgende keer.
My kontakbesonderhede:
Tel: 0769216174 (ook vir Whatsapp) skryf@elsabewelman.co.za www.elsabewelman.co.za
Raak ook my vriend op:
https://www.amazon.com/stores/author/B08DMRBV7W
https://www.tiktok.com/@elsabewelmanskrywer
Terug | Terug na bo |