Oktober 2024

Eet roomys of drink wyn

 

 

Eet roomys of drink wyn, maar moenie vergeet om Afrikaans te lees nie.

 

Hou jy van goeie nuus?

Ons almal kry daai skewe dag, né. Ek konsentreer om juis dan die wonder van genadetjies raak te sien. En daar is so baie! My goeie nuus die afgelope tyd:-

Die Wes-Kaapse Biblioteek het 76 kopieë van Ontfrommel bestel om te versprei na biblioteke. Dankbaar vir lesers!

 

-Ek het ’n verspreider wat my boeke bietjie vir bietjie begin sigbaar maak op Exclusive Books, Bargain Books en Wordsworth se rakke. Loer gerus vir Ontfrommel of Klonte Sout op OR Tambo en Kaapstad lughawe se boekwinkels, ander takke in Kaapstad, Paarl, Pretoria, George... ek kom daar! Ryk Armgat en Beklitsde Kersfees kry ook vlerke in November. Dankbaar vir lesers!

 

 

 

Goeie nuus vir jou!

In die skryfwêreld praat ons van ARC lesers (Advance Reader Copy). ’n Kopie van ’n boek word gratis verskaf aan ’n leser, in ruil vir ’n eerlike lesersindruk.

Let op dat geen geleerde en hogere woordeskat-resensie verwag word nie.

Asseblief tog nie. Net ’n lesersindruk.

???? Afrikaans Lesers - Hierdie is vir julle:  ARC Geleentheid ????

Ontfrommel is reeds gepubliseer, maar ek het besluit om ARC's (gevorderde leser kopie) te heropen. Ek bied tans slegs e-kopieë aan deur Amazon Kindle.

???? Weggee-aankondiging: Teken in vir hierdie ARC,  lees en resensieer op een of meer platform (Goodreads, Faceboek, Amazon, Instagram of Tiktok) en staan ??'n kans om 'n getekende sagteband te wen!

???? Teken hier in: https://forms.gle/5yTWPyQocCL4txY29

 

Uiteindelik weer ’n boek op pad:

’n Novelle van 24000 woorde.

Publikasiedatum: 3 Desember 2024.

Twee word gevonnis. Een selfopgelegd. Een halfpad skuldig.

Isak Kirsten verkwalik homself vir sy boelie-gedrag op daardie noodlottige nag. Hy moet boet. Hy kruip weg agter ’n nuwe naam, nuwe beroep en ’n letsel. “Mister Eye moet in ’n riller movie gaan speel.”

Juffrou Antiek kruip weg agter haar outydse kleredrag en oorlewings-wyshede. Annaret se glimlag bring sonlig, haar woorde is bitsig. Tog het sy deernis vir Isak se sagte kant.

Die Fliksems bring hulle bymekaar. Haar hantering van boelies hou hulle uit mekaar. Jiffy-dag gee skiet aan die spanning. Geheime maak hulle broos.

Leef net weer raak ’n opsie, of ’n onmoontlike taak.

Kan selfopgelegde gevangenskap opgeskort word? Isak Kirsten sal moet antwoord.

 

Afrikaans

Maak nie saak wie wat met Afrikaans in skole wil doen nie, ons dink en praat steeds in Afrikaans. Wie gaan dit doodskop? 2025 is ’n groot jaar vir ons as Afrikaans sy 100e verjaardag vier.

Vir elke Afrikaanse boek wat jy koop, is dit nie net die skrywer wat munt slaan nie. Daar is ’n proefleser, ’n redigeerder, ’n uitgewer, omslagontwerper, ’n drukker en ’n verspreider wat ’n brood op die tafel kan sit.

’n Mondvol om te sê: lees asseblief Afrikaans om Afrikaans se hartklop sterk te hou.

 

WELKOM aan die nuwe intekenare! Ek land pens en pootjies in jou INBOX een keer per maand (of nog verder uitmekaar soos nou). Jy kan wel gereeld inloer op FB, Instagram en TikTok, ek sal dit waardeer om jou “hallo” daar te sien.

 

Groetnis tot volgende keer.

 

My kontakbesonderhede:

Tel: 0769216174 (ook vir Whatsapp)
skryf@elsabewelman.co.za
www.elsabewelman.co.za
Raak ook my vriend op:

https://www.amazon.com/stores/author/B08DMRBV7W

https://www.tiktok.com/@elsabewelmanskrywer

https://www.goodreads.com/author/show/17229817.Elsab_Welman

https://www.facebook.com/elsabewelmanskrywer/

https://www.instagram.com/elsabewelman/

 

Terug Terug na bo