Elsabé Welman Skrywer (Verwys as EWS)

Manuskripontwikkeling:

Skrywer voltooi manuskrip en lees hom weer deur. Doen ook spelchecks.

EWS se taak: Om die struktuur en inhoud van 'n manuskrip te verbeter. ’n Fyner instelling/hersiening van die inhoud, aanbevelings ten opsigte van herhalings, onnodige info, te min info, storielyn-gebreke, en foute in spelling, leestekens, grammatika en frasering.

LET WEL: Hierdie stap vervang nie die werk van ’n proefleser nie.

PRYS: R0.04 per woord

 

Bladuitleg  (Formattering van manuskrip vir sagteband (word.doc of pdf) en/of e-boek (epub)

Verskaf voorblad in goeie kwaliteit

Verkry ISBN vir sagteband (en e-boek indien jy dit verkies) by Marietjie.DeBeer@nlsa.ac.za. Ek sal Barcode skep.

Manuskrip:

Voorbereiding van doc voor inttrek na Atticus

•              Jou hoofstuk hofies moet in "Heading 1" style wees, sodat Atticus (die sagteware) kan sien dit is die begin van 'n hoofstuk. Die res moet in "Normal" style  wees

•              Sit jou “Reveal Formatting” onder HOME aan. Haal alle onnodige spasies uit (2 punte tussen woorde, en ’n punt voor paragraafbreek).

Op hoofmenu, net onder HELP, vind die hulpmiddel:   (Show paragraph marks and hidden formatting symbols – ek noem dit die agterstevoor P)

Alle dubbelpunte tussen woorde beteken 2 spasies. Haal een uit. ’n Spasie voor die agterstevoor P moet uit. Die agterstevoor P dui einde van ’n paragraaf aan of oop lyn.

•              Atticus ignoreer watter font jy gebruik.

•              As jy ’n oop lyn tussen tonele of POV verandering het, vervang die oop lyn met *** . Atticus sal ’n ander breuk aandui. Geen oop lyn voor en na die ***

•              Hoofstukbreuke: Moenie klomp oop lyne daar insit nie. Na die laaste agterstevoor P in hoofstuk,

kies Insert bo op die menu, en kliek op page break.

Al verander jy agterna hoofstuk 1 (langer of korter), jou vlg hoofstuk begin steeds op ’n nuwe bladsy.

•              Jou front matter en back matter word apart gelaai. Moenie dit in die lyf van jou manuskrip sit nie. Hier is voorbeelde van front en back matter (dis bladsye wat jy voor en na die manuskrip kan insit en elkeen in sy aparte word doc vir EWS stuur)

EWS kan voorbeelde van onderstaande verskaf.

FRONT:

  • Voorblad
  • Kopiereg
  • Dankie
  • Kuier met my / Kontak bladsy of Sosiale  media profiele (links)
  • Ook deur: (links in?)
  • Inhoudsopgawe (eboek)

BACK:

  • Wil jy  nie ophou lees nie?  Lead magnet – sien onder Bemarking - Nuusbrief
  • Het jy van --- gehou? Resensie skakel
  • Ook deur:   meer volledig. Image van boeke ook insit
  • Wat sê die lesers?
  • Binnekort

Koste: R300 per uur en een gratis verandering.

LW: Ek is bereid om telefonies te help om bostaande reg te kry, indien die skrywer onseker is. Bogenoemde sal help om die totale koste laag te hou. Normale tydsduur benodig is tussen 2-3 ure, afhangende hoe goed bogenoemde bygewerk is.

Alternatief: EWS doen ook bogenoemde wat die totale aantal ure waarskynlik met 2ure sal verleng.

Hierdie stap sluit slegs die formattering in, geen proeflees/manuskripontwikkeling/redigering nie. EWS ontvang dus die finale Word dokument vir hierdie diens.

 

Kontak Elsabé by:

0769216174

skryf@elsabewelman.co.za

 

LET WEL:

Skrywer en EWS sal eers ooreenkom oor tydlyn of spêrdatum vir dienste gelewer.

’n Deposito is betaalbaar, en die finale bedrag nadat die taak afgehandel is maar voor die resultaat terug gestuur word na die skrywer.

Terug Terug na bo