Hier’s ’n lusmaker

 

Hoofstuk 1: Hy moet nog in die tronk wees. Marien Berg staar by die winkelvenster uit. Haar maagspiere is saamgetrek. Sy haal met moeite asem. Marien tree stadig agteruit terwyl haar oë nie van hom wyk nie. Riekert moet haar asseblief net nie sien nie!

Hoofstuk 2: Hy moet uit hulle gesigsveld kom. Nou. Die swart monster se tentakels het hom reeds beet. Riekert Meller strompel weg, in die teenoorgestelde rigting as wat Wimpie en Marien gestap het. Sy vingers trek angstig aan die neksoom van sy T-hemp. Die hitte wil hom verswelg. Met oopgesperde oë soek hy na ’n minder sigbare plek. Die minste wat hy nou nodig het, is ’n skare wat om hom vergader en wil help as hy val. 

Hoofstuk 3: Marien trippel met die stoeptrappe af en spring in Wimpie se arms. Haar lang bene krul om sy middellyf en sy verlustig haar in die soen. Elke keer wat hy effens terugtrek, druk sy sy kop terug tot teen haar lippe.  

 

EN DIE AGTERPLATS:
 

Wimpie Berg het gedink sy lewe is perfek ... totdat Riekert weer voor hom staan.

“Jy moet versigtig wees, Berg. Jy’t my meisie gesteel en niemand vat mý goed nie!”

Hoekom is die slordige mens nie steeds agter tralies nie? Riekert het met meer haat en sluheid uit die tronk gestap. Hy is ’n slimkop wat beplan, ’n rykmanskind wat nie ‘nee’ as antwoord ken nie. Moeilikheid stráál uit sy afskuwelike grynslag.

Wimpie se lewe word oorheers deur kommer. Marien is bedags alleen op die plot; hy sal die omheining moet verbeter. Riekert se voortdurende teksboodskappe laat hulle soos kluisenaars leef.

En dan slaan Riekert toe na die Berg-familie se terugkeer uit Mosambiek en dit is veel erger as wat Wimpie voorsien het.

Dié Christelike liefdesroman se karakters gryp jou vas want elkeen het ’n kraak. Jy wil help opvul en herstel, maar die spanning oor wat op die volgende bladsy kan gebeur, keer dat jy tyd verwyl.

SPANNEND. ROMANSE.

Klippe kan Kraak is die tweede boek in die Berg Broers-trilogie.

Boek 1, Ryk Armgat, is ’n #1 Amazon Afrikaanse Topverkoper.

Terug Terug na bo