Het jy geweet dat jy 'n e-boek op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees? 

Laai die Kindle app af deur te soek (op jou rekenaar/tablet/selfoon) vir "Kindle App". Registreer jouself op Amazon en/of Goodreads, en jy kan tientalle boeke aflaai teen baie goedkoper pryse as 'n gedrukte boek. In effek betaal jy nie vir die papier en druk van die boek nie. Jou skrywer kry sy/haar tantieme van Amazon. Bederf jouself met oorgenoeg leesstof vir die vakansie. Nooit weer is ’n papier-pakkasie deel van jou bagasie nie.

Weet jy wat Kindle Unlimited is?

Lidmaatskap by Amazon se Kindle Unlimited gee jou kans om baie boeke te leen met geen vervaldatum nie. Jy betaal 'n lidmaatskapfooi (nou ongeveer $12) per maand en kan tot 20 boeke per keer aflaai en lees. Honderde boeke is tot jou beskikking. Skrywers stel hulle boeke beskikbaar as e-boek op KU en kry steeds hul tantieme vir elke bladsy wat jy lees.

  • Jy moet 'n Amazon rekening hê met 'n geldige betaalmetode (jy het dit reeds indien jy al boeke of ander items by Amazon gekoop het)
  • Soek na Kindle Unlimited op Amazon se SEARCH BAR en teken aan as 'n lidmaat.
  • Jou eerste maand is gratis.

Jy het nooit weer ’n tekort aan leesstof met KU nie!

Hoe weet ek wat my Kindle e-pos adres is?

  • Beweeg jou muis oor jou rekening (Account and Lists)  regs bo op die Amazon-webwerf.
  • Kliek Content & Devices op die drop-down-menu
  • Kliek Devices op die boonste ry
  • Kliek op die Kindle-prentjie
  • Kliek op 'n Kindle wanneer die lys verskyn (indien die opsie daar is?)
  • Die eerste veld is ’n e-pos veld, waar jy jou Kindle epos sal vind.

Moenie huiwer om my te kontak indien jy sukkel nie. Ek help graag. As ons dit een keer reggekry het, dan is dit reg!

Hoe om ’n e-boek van ’n skrywer te ontvang op jou Kindle-applikasie:

Maak seker die verskaffer (sender) se epos is ’n goedgekeurde e-pos-adres:

  • Beweeg jou muis oor jou rekening (Account and Lists)  regs bo op die Amazon-webwerf.
  • Kliek Content & Devices op die drop-down-menu
  • Kies Preferences (langs Devices)
  • Kliek op Personal Document Settings
  • Beweeg af na Approved Personal Document E-mail List
  • Indien jou skrywer/verskaffer se epos nie daar is nie, kliek heel onder by Add a new approved email address.

Sleutel byvoorbeeld in: @gmail.com of  @elsabewelman.co.za of @mweb.co.za en kies Add

Weet jy wat jy vir jou skrywer kan doen (behalwe om ’n boek te koop)?

Jou boekresensie of terugvoer dra meer gewig as wat jy ooit kan besef. ’n Resensie en gradering is die eweknie van ’n “by word of mouth” bemarking, wat statisties bewys die beste bemarkingstrategie in die boekewêreld is.

’n Resensie (in net 'n sin of twee) op Amazon of Goodreads toor met die algoritmes en gee jou skrywer en sy/haar boek ’n geweldige hupstoot om raakgesien te word, maak nie saak hoe jy die boek bekom het nie (sagteband of e-boek).  'n Resensie (of bloot net jou indruk van die boek) op sosiale media, waarin jy jou skrywer "tag", is net so belangrik.

Wees goed vir jou skrywers. Help jou skrywers. Loop die ekstra myl (kilometer), asseblief. Neem ’n paar minute, registreer op Goodreads en kies die aantal sterre. Die resensie daarmee saam is ’n groooot bonus!

Het jy geweet dat Amazon en Goodreads familie is (soos 'n ouboet en kleinsus)?

Goodreads is meer gebruikersvriendelik as Amazon tov stergradering en resensies. Alle verkope word egter deur ouboet Amazon gedoen, maar jy kan vanaf Goodreads die transaksie begin.

Op Goodreads kan jy...

- jou gunsteling skrywer soek en sy/haar e-boeke koop. Jy kan sommer loer wat ander lesers sê van die boek.

- ASB vir my (en jou ander skrywers) volg.

- Al drie die volgende opsies veroorsaak kragtige skuiwe in die algoritmes ten opsigte van die boek, en ten gunste van die skrywer. By 'n boek kan jy 'n keuse maak: WANT TO READ of CURRENTLY READING of READ. Al het jy die boek nie gekoop nie, en jy kies WANT TO READ, begin die algoritme-ratte draai en die boek (en jou skrywer) word raakgesien. Loop asseblief die ekstra myl en volg my op Goodreads.

Hoe registreer jy op Goodreads?

www.goodreads.com

Kies self: Continue with facebook/amazon/apple/email sign up

Ignoreer # boeke (SKIP)

Kies genre’s

Rate books: ignoreer, en kliek op FINISH RATING aan regterkant

Bo is skermpie: SEARCH BOOKS. Kliek daar en sleutel boek of skrywer se naam in

Om boek te gradeer/resensieer: kies die boek. Onder is groen blokkie WANT TO READ en pyltjie (op selfoon 3 boekies teen mekaar)

Kliek op pyltjie (of boekies), kies READ

Hier kan jy stergradering maak, en ’n review los

Kliek onder dit op POST

 

By SEARCH BOOKS kan jy ’n skrywer kies, en so nuwe boeke aankoop, of jou skrywers se boeke kies met WANT TO READ.

Die keuses van WANT TO READ en CURRENTLY READING is net so kragtig as READ. Al het jy nie die boek gekoop nie, en jy kies WANT TO READ, maak dit skuiwe in die algoritmes ten gunste van jou skrywer.

 

INDIEN JY SUKKEL MET ENIGE PUNT HIERBO, skryf vir my by skryf@elsabewelman.co.za of kliek hier vir die kontak vorm

Terug Terug na bo