#vlugenterug is so pas vrygestel. Hierdie is ook goeie leesstof vir Hoërskool jeug.

Baie dankie aan Hasepad Uitgewers en PENdit vir julle professionele en baie vriendelike diens. 

Dankie Bettie de Klerk wat weereens 'n wenner-buiteblad ontwerp het. Jy is 'n stêr.

En jy, liewe leser, wat die punt agter die proses sit. Ek kan skryf, maar as jy nie lees nie, sou dit 'n nuttelose oefening wees. Ek waardeer julle ondersteuning, sommer baie diep.

Die sagteband is by my beskikbaar @ R200, posgeld uitgesluit. 

Indien jy 'n herverkoper is, doen asb navraag vir 'n spesiale prys.

Die eboek kan van Amazon bestel word teen ongeveer R100. Die boek kan ook deur Amazon bestel en gedruk word. Vir buitelandse lesers is dit 'n makliker opsie om die sagteband in die hande te kry.

 

ISBN: 9798669393489

203 bladsye

43463 woorde

 

Ek hoop die onderstaande maak jou nuuskierig:

Indien jy die eerste 3 hoofstukke wil lees, kliek hier en daarna op die "Look Inside", op Amazon se webwerf. 

Dankie vir jou terugvoer hier onder, Leoni. Jou inset het my gemotiveer om deur te druk tot die finale produk.

"Elsabé, die storie is omvangryk en werklik BOEIEND. Dit het 'n heerlike storielyn en heelwat kinkels wat tot 'n puik klimaks lei - 'n puik afwenteling. Jou gebruik van rekenaartaal is vernuftig ingewerk. Baie, baie slim."

Leoni Benghiat: SA Vryskutskrywer


 Nog terugvoer:

“Hierdie boek het my van bladsy een af geboei. Dit is ? liefdesverhaal met heerlike spanningsvolle oomblikke tussenin. Ek het lekker gelees en sal die boek aanbeveel, vir oud en jonk. ? Baie oulike boek.” Annalize Hills

Terug Terug na bo