Malherbe Uitgewers se Roman kompetisie  

As kind was Sanita Erasmus deur haar ouers gemolesteer. 'n Leefstyl van prostitusie en dwelms het sy as die normale beskou.

Vir Darius, is Sanita spontaan, uiterlik mooi en sy eweknie wat humor betref. Wanneer hy haar beter leer ken, val hy vas in dieptes waarvan hy geen kennis dra nie. Hy sukkel om nie te versuip nie. 

Sanita begeer twee dinge: Om 'n prokureur te word, wat molesteerders toesluit en om met haar lewensredder, Darius, te trou. Om dít reg te kry, moet sy ontslae raak van haar ouers en sorg dat haar gruwelike geheim verborge bly.

Proefleser se kommentaar: Uitstekende dialoog. Boeiende verhaal.

Redigeerder se kommentaar: Intense, hoendervleis-boek.

In die laaste hoofstuk van RYK ARMGAT het lesers kennis gemaak met Sanita, Darius se liefde, ‘n meisie wat bang is vir vrae oor haar verlede.

FILTERVLINDER  se 400 bladsye sal meer oor Sanita  uitlap.

 

ISBN: 9780620750011

352 bladsye

85867 woorde

 

Nog nuuskierig?   Kliek op PROLOOG om regtig lus te kry vir hierdie boek.  Of lees die eerste hoofstukke hier, kliek dan op Look inside

Terugvoer van 'n leser: 

FILTERVLINDER is baie intens, glad nie die ligsinnige liefdesverhaal wat ek verwag het nie! Dit is lekker om vir 'n slag 'n verhaal te lees wat oor meer gaan as "boy meets girl" en ook nie net een hoofstuk van 'n karakter se lewe dek nie maar eerder die leser op 'n reis vat deur hul kinderjare, moeilike uitdagings, die kinderjare van hul ouers, en bietjie meer "vleis" het. 
Ek het van Irene se storie gehou en ek is bly dat sy uiteindelik haar weg gevind het. Ek dink dit is omdat ons almal tog 'n Irene ken of al geken het.
Ek het veral Sanita se rou eerlikheid geniet waar sy amper aan die einde van die verhaal uitvind sy is swanger. Mens voel sommer haar paniek aan en ek identifiseer nogals met die paragraaf waar sy vir Darius sê hy is opgewonde maar sy is poep-bang! Het lekker gelag vir dit.
Die storielyn is bindend. Ek hou van die begin waar die leser moet wonder of Sanita dalk regtig haar eie pa vermoor het en hoe Darius dit ontrafel. Dit is slim geskryf. 

Beskikbaar by:

Outeur      Amazon     Smashwords      Malherbe Uitgewers     Kantoormeubels Lichtenburg 018 632 6605

 

Terug Terug na bo