Nou beskikbaar:

 

FILTERVLINDER

Tweede uitgawe

86 530 woorde

Christelike Liefdesverhaal

Boek 3 in die Berg Broers-trilogie

Boek 1 en 2 is Topverkopers op Amazon Afrikaanse Boeke

en FILTERVLINDER het dit ook gemaak!

 

E-boek bestelling teen spesiale prys tot 'n week na vrystelling: $6.20 op Amazon. Kliek HIER.

Sagteband is by skrywer beskikbaar @ R280, maar ook by Picadilli's in Middelburg Oos-Kaap en by Graffiti boekwinkel in Montana, Pretoria.

Lees die PROLOOG HIER.

DIE AGTERPLATS:

SPANNING    ROMANSE    DRAMA

As kind is Sanita Erasmus deur haar ouers gemolesteer. Prostitusie en dwelms het sy as die norm beskou.

Vir die opportunis, Darius, is Sanita spontaan, uiterlik mooi en sy eweknie wat humor betref. Toe hy haar egter beter leer ken, val hy vas in dieptes waarvan hy geen kennis dra nie. Hy sukkel om nie te verdrink nie. Om homself te red, moet hy wegstap. Nog een keer, moedig hy homself aan.

Sanita begeer twee dinge: Om ? prokureur te word wat molesteerders toesluit en om met haar lewensredder, Darius, te trou. Om dít reg te kry, moet sy ontslae raak van haar ouers en sorg dat haar gruwelike geheim verborge bly.

Filtervlinder is vir dapper lesers wat ’n emosionele reis kan trotseer, met die beloning om vasgegryp te word tot op die einde.

 

Beta-lesers, ARC-lesers en uitgawe 1 se lesers sê:

Goeie genugtig! Wat 'n briljante, emosionele, hartbreker boek. Die storie neem die leser op uitmergelende, wisselende emosies. Die storie is vars en modern en weerspieël soveel waarhede in die hedendaagse samelewing. Sommige tonele sny baie diep, maar die skrywer lei die leser met elke reël na die skitterende einde. Die inhoud is relevant en wys die menslikheid van elke karakter. Leesstof wat mens lank nadat jy die boek neergesit het, steeds laat nadink. (Lidia’s Choice – Goodreads – Febr 2024)

Ek dink hierdie is jou beste boek van die trilogie. Dis aangrypend, spannend, frustrerend (ja!), bemoedigend en het ‘n storielyn par excellence! Welgedaan! Ek het nie gedink jy kan verbeter op die ander twee nie, maar jy het wraggies die beste vir laaste gelos! Dis onneersitbaar! Ek is nou bitter spyt daar gaan nie nog een wees nie! Ek het lief geraak vir die Bergs! Sommer baie! Dis regtig ‘n uitstekende boek. (Leoni Benghiat Febr 2024)

FILTERVLINDER is baie intens, glad nie die ligsinnige liefdesverhaal wat ek verwag het nie! Dit is lekker om vir 'n slag 'n verhaal te lees wat oor meer gaan as "boy meets girl" en ook nie net een hoofstuk van 'n karakter se lewe dek nie maar eerder die leser op 'n reis vat deur hul kinderjare, moeilike uitdagings, die kinderjare van hul ouers, en bietjie meer "vleis" het. 
Ek het van Irene se storie gehou en Sanita se rou eerlikheid geniet. Die storielyn is bindend en die leser wonder deurentyd oor die moord op Sanita se pa.

Sjoe! Elsabé! Wat 'n emosionele reis was dit nie?! Jy het my tot op die einde vasgehou met hierdie storie. Ek kan nie vir jou vertel hoe diep Filtervlinder my geraak het nie. Ek kan dit vergelyk met die emosies wat ek beleef het toe ek Dis Ek, Anna gelees het. As ek moet sê is hierdie jou beste boek. Jy het my deur 'n emosionele rollercoaster gesit. Ek sal weer met jou praat oor hierdie boek. Nou moet ek eers my kop stilmaak. (Tillie)

Terug Terug na bo