VRYGESTEL:  

Voorbarige Kersboom

 

'n Kersfees-novelle (15600 woorde)

Liefdesverhaal

 

E-boek bestelling (teen halfprys) op Amazon. Kliek HIER.

Sagteband beskikbaar teen R170. Kliek HIER.

 

Twee wêrelde. Een gemeenskaplike deler: Zinbali, die maroelaboom.

Pandra Loom moet haar pa opvolg in hul hoogs-intelligente leefwêreld waar legkaartstukke met denke geskuif en emosies in plante nagevors word. Sy woon ’n hoërskool op Wolvallei in Limpopo by ter wille van ervaring, en ontmoet Marnus Zietsman. Met min woorde ontwikkel ’n unieke verhouding, en dit is waar dinge gekompliseerd raak.

Marnus is ontsteld en geïrriteerd met Pandra en haar ouers se intellegensie-snobisme. Sy planne om gemeenskaplike grond tussen hulle te bewerkstellig, veroorsaak dat Pandra verdwyn. Niemand by die skool onthou haar nie. Het hy in ’n lugleegte geleef?

Al wat die kortstondige verhouding ’n realiteit maak, is ’n litteken op sy bo-arm en ’n voorbarig, Kersverligde maroelaboom in die veld. Wat probeer Zinbali bereik? Watter speletjies speel Pandra? Die afgestudeerde Marnus tuit sy lippe. Hy sal nie met hom laat mors nie.

 

Wat sê die lesers:

Ek het dit nou baie geniet. Dit was iets baie anders. 

Die genre is interessant en het nogal potensiaal. 

 

Wat ‘n heerlike, verbeeldingryke storie! Jissie, ek het dit nou regtig baie geniet. En sommer heelwat van nanotegnologie geleer ook!

Skryf nog sulkes. Dis HEERLIKE leesstof!

Leoni (SA Vryskutskrywers)

Terug Terug na bo