NOU BESKIKBAAR:     Klippe kan Kraak

Die BERG BROERS-trilogie

BOEK 2

 

Vrygestel: 28 Augustus 2023

 

Kliek hier vir 'n lees-lusmaker.

E-boek op Amazon. Kliek HIER.

Sagteband @R250 (R60 koerier uitgesluit). Kliek HIER.

Wat sê die beta-lesers:

“Sjoe, jy is 'n meester met romantiese spanningsverhale. Die boek maak my op my senuwees en dan kan ek nie wag om klaar te lees nie. Welgedaan.” (Tillie, 3 Aug 2023)

Ek het hierdie boek gelees na die eerste een in die reeks, Ryk Armgat (ek is net mal oor die skrywer se titels!) Hierdie boek volg die verhaal van Wimpie en Marien Berg, en die volgehoue uitdagings wat hulle volg. Maar nou kom ‘n fisieke uitdaging by, in die vorm van 'n ou vyand wat weer kop uitsteek. Die storie volg nie net die paartjie se roete nie, maar ook hulle ouers. Ek het die blommende romanse tussen twee onverwagse karakters ook met 'n glimlag gelees. Verder is daar skerp geskerts tussen karakters; die skrywer het 'n oulike humorsin.

Ek sou hierdie boek aanbeveel vir beide aanhangers van krimi's, en romanselesers wat hou van hulle romanse met 'n bietjie spanning en 'n tikkie gevaar. Ek het 'n vooruiteksemplaar van hierdie boek gelees in ruil vir 'n eerlike resensie. (Marilize 11 Aug 2023)

 

Terug Terug na bo