Die BERG BROERS-trilogie

BOEK 1

Tweede uitgawe

 

Elektroniese weergawe beskikbaar op Amazon. Kliek HIER vir die skakel.

Sagteband beskikbaar by die skrywer of sekere boekwinkels. Kliek HIER om te bestel.

  

 

'n Selfstandige student, behep met finansiële onafhanklikheid, maar opgeslurp deur sy vooroordeel teen ryk mense. Wimpie Berg maak ook foute. Hy is té ordentlik en té aantreklik met sy ferm ken en spiere wat nie onder klere kan wegkruip nie.

Marien Veens se blink oë en breë glimlag hou hom gevange langs ’n Mosambiekse tronk. Haar aantrekkingskrag en warmte oorrompel hom. Radeloos kyk hy toe hoe sy die hitte tussen hulle aanblaas.

Liefde is gevaarlik. Dodelik.

Die lenige rykmansdogter langs haar skedonk, verkrummel sy weerstand. Sonder remme tuimel hy in ’n salige verhouding in, totdat Riekert se venynigheid alles beduiwel. Wimpie se eiesinnigheid dryf hulle uitmekaar.

Dis jy wat ons toekoms weggooi, nie die mal man nie.

Marien verkas landuit en raak bevriend met ’n vurige Ier. Gaan sy troos vind in sy arms, terwyl Wimpie sy selfverwyte moet trotseer? Jy sal moet uitvind.

RYK ARMGAT is vir die leser wat spanning in voel-goed-boeke kan waardeer. ’n Aangrypende roman wat jou intrek en weier om te laat gaan. Maak reg vir min slaap. 

Resensies:

Uitgawe 1 resensies:

“Die wasgoed lê in bondels en die trekkertjie staan sonder ‘n fanbelt want ek kon nie ophou lees nie! Ek het nog nooit soveel emosie in 1 boek ervaar nie. Ek geniet jou skryfstyl en die lesse wat so subtiel deurkom. Absoluut fantasties.”  Roelien Malan.

     

 

 

Terug Terug na bo