'n Romantiese spanningsverhaal

'n Novelle

Vrygestel op 10 Desember 2022.

E-boek beskikbaar op   en 

Hoe gemaak as jy die e-boek opsie wil probeer? Kliek HIER vir die oplossing.

Sagtebande beskikbaar @ R130 (koerier uitgesluit). Kliek HIER om te bestel.

 

As sewentienjarige word Fourie Lemmer gevonnis vir moord. Kersfees herinner hom aan die dag toe beide sy ouers afgesterf en sy familie hom verraai het. ’n Inbraak in sy berghut maak hom angstig. Is die versteekte goedere weg?

Carmi Ras is ’n privaat speurder met ’n innemende persoonlikheid. Familiebande en -tradisies lê hoog op haar prioriteitslys. Om nooit betrokke te raak by iemand aan die verkeerde kant van die gereg nie, is haar motto in die lewe.

Fourie en Carmi se ontmoeting geval albei.

Carmi vors sy agtergrond na. Sy is woedend en ontsteld.

Fourie voel ongemaklik toe hy besef watter beroep sy en haar pa volg. Hy is die josie in omdat sy vir hom gelieg het. En dan is daar sy Kersfees-fobies…

Fourie en Carmi bevind hulself tussen die vloer en politoer. Is daar spasie vir ... wat ookal tussen hulle aangaan? Fourie dink nie so nie.

            

Wat sê die lesers?

 

Terug Terug na bo