ONTFROMMEL

 

Stel jy belang in 'n sagteband? Kliek hier om te bestel. 

486 bladsye van leesgenot : R250 (koerier 'n ekstra R50)

Sagteband en e-boeke op NsSkrywershuis. Kliek hier

Vir sagteband en e-boek op Amazon, kliek hier.

Sagteband ook beskikbaar by:

Graffiti Boekwinkel (Pretoria), KarooRoos Padstal en Picadillies in Middelburg Oos-Kaap

 

Luitenant Danny Sadler inisieer ‘n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ? psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.

Adjudant Offisier Johan Kotze (speurder): Nie enige skrywer kan die drade in ‘n speurverhaal suksesvol bymekaarbring en terselfdertyd die leser se aandag behou tot aan die einde nie. Elsabé het dit in Ontfrommel gedoen. Ek het baie sake agter die blad en kon my met hierdie boek vereenselwig. Haar skryfstyl en skryf-vernuf is baie goed. Ontfrommel in geheel is ‘n goeie lees wat ek kan aanbeveel.

 Die oorsprong van Ontfrommel spruit uit 'n nagmerrie wat die skrywer gehad het.

 Sy het 'n storie daar rondom gebou. 

      SO DANKBAAR teenoor die media vir die blootstelling:

  

 

 

 

 

 

WAT Sê DIE LESERS?

Salette Roux op Goodreads:

Johan op Goodreads

 

Onafhanklike resensent Annalize Hills: "Ontfrommel, deur Elsabe Welman, is ‘n heerlike verrassing en val goed op die oor – heeltemal duidelik dat die leser die verhaal sien afspeel. Hierdie spanningsroman is so realisties geskryf dat dit die leser willekeurig intrek in die intriges van die karakters. Die verhaal is spanningsvol en die skrywer handhaaf ‘n goeie balans tussen spanning en romanse wat fyn verweef is deur haar manier van skryf. Die tema verleen hom tot ‘n vinnige tempo, met die een aksiebelaaide oomblik na die ander. Daar is verskeie intriges soos wat dit deur die verhoudings van die karakters gemanifesteer word en die dialoog word goed benut om konflik te beklemtoon. Die verhaal bly regdeur vloeiend en maak dit aangenaam om die boek te lees. ‘n Uitdagende spanningsvolle roman, met goeie taalgebruik, heelwat skeutjies humor en verfrissend anders. ‘n Keurige goedversorgde en suksesvolle spanningsroman met ‘n byt. Selfs die ontknoping het aksiebelaaide gebeure en ‘n heerlike verrassende einde."

Johan Claassens: "Wat 'n goeie storie! Ek het dit baie geniet. Weereens baie geluk. Dit is 'n boek wat jy nie kan neersit as jy eers begin lees het nie."

Mariana Swanepoel Nel: Ek het hierdie boek op ? hopie by my vriendin sien lê. Omdat ek lief is vir lees en redelik wyd lees, veral misdaadfiksie, kon ek nie help om dit op te tel nie. Dit het gemaklik in my hand gevoel en toe ek daardeur blaai, sien ek dit is baie leesbaar geset in Franklin Ghotic 12. Dalk is dit die ideale boek om vir my gesiggestremde vriendin voor te lees, wonder ek hardop. “Jy kan dit gerus leen, moedig my vriendin aan. Ek het heeltemal te veel werk om binne die volgende paar weke daarby uit te kom.”

Die karakters word duidelik uitgebeeld, wat vir my goed was. Jy wonder nooit wie is wie, of wie het wat gesê of gedoen nie. Spanning en emosionele gevoelens loop soos ? draad deur hierdie boek.

Ek lees nie graag liefdesverhale nie. Nee, misdaadfiksie is my kos. En seksbeskrywings in boeke irriteer my maklik. Maar ek moet dit Elsabé ter ere nagee, sy doen dit met soveel gevoel en deernis dat ek gedink het dit is maklik die beste wat ek al in Afrikaans gelees het.

Die beskrywings is werklik goed en niks gebeur sonder ? goeie motivering nie. Omdat daar moorde en lyke en onvoerings plaasvind kan ? mens maklik voel dat die storie omslagtig is, maar dit het my nie gekeer om verder te lees nie. Dit het my 12 ure en 2 minute geneem om die hele boek van 468 bladsye hardop voor te lees. Die boek, ? hele 468 bladsye, lees lekker en maklik. 

As jy nog wonder wat die woord Ontfrommel beteken ... lees die boek!

 

 

#liefvirlees #roman #romanse #skryf #skrywer #Suid-Afikaans #spanning  #liefde #liefdesverhaal #speurroman #lees #Afrikaanseboek 

#kindle #ebook #books #afrikaansebooks #afrikaanseboeke #AfrikaansisGroot #afrikaansefiksie #romanza

 

Terug Terug na bo